0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (8)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 8 of 8 matches in All Departments

Lafras Cuyper en die gravin: 7 (Afrikaans, Paperback): Karl Kielblock Lafras Cuyper en die gravin: 7 (Afrikaans, Paperback)
Karl Kielblock
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die sewende en laaste boek in die reeks, propvol opwinding, spanning en avontuur! Lafras begin al hoe meer hunker na standvastigheid: met ’n vrou en kinders in ’n huis van hul eie – sonder die gevare wat die lewe op see inhou. Gaan Lafras se seeavonture in hierdie laaste titel van die reeks tot ’n einde kom? En belangriker – sal hy uiteindelik die groot liefde vind waarna hy nog al die jare smag? Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

Lafras Cuyper in Frankryk - Boek 5 (Afrikaans, Paperback): Karl Kielblock Lafras Cuyper in Frankryk - Boek 5 (Afrikaans, Paperback)
Karl Kielblock
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die vyfde boek in die reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur! Lafras Cuyper word persoonlik deur Napoleon gevra om Franse skipbreukelinge op die eilandjie Abbe te gaan red. Hy staan nie terug vir die lewensgevaarlike uitdaging nie en besef dat deeglike beplanning en betroubare bemanning die sleutel tot sukses is. Sal hy die Engelse om die bos kan lei en die skipbreukelinge red? Of sal hy vir Napoleon teleurstel? Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

Lafras Cuyper in Venesie: Boek 6 (Afrikaans, Paperback): Karl Kielblock Lafras Cuyper in Venesie: Boek 6 (Afrikaans, Paperback)
Karl Kielblock
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die sesde boek in die reeks, propvol opwinding, spanning en avontuur! ’n Besoek aan Venesie – dit is ’n droom wat waar word vir die beroemde kaperkaptein Lafras Cuyper. Die droom word egter ru onderbreek toe Lafras een aand in die donker stegies aangeval word. Voor hy die raaisel oor die aanval kan oplos, roep Napoleon hom terug na Parys. Lafras moet Venesie verlaat – en ook die aanvallige Justina, wat sy hart so gou verower het. Hy moet met die Turkse goewerneur gaan onderhandel oor drie Franse offisiere wat as gyselaars aangehou word. Tussendeur al die lewensgevaarlike avonture, verskyn die beeld van Justina kort-kort voor Lafras. Hy moet haar weer sien. Hy moet weer terugkeer na Venesie … en sy aanvallers. Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

Lafras Cuyper en die Hirondelle: No 3 (Afrikaans, Paperback): Karl Kielblock Lafras Cuyper en die Hirondelle: No 3 (Afrikaans, Paperback)
Karl Kielblock
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die derde boek in die reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur! Tydens die Napoleontiese oorloe word Lafras gevra om 'n Franse gesant na Indie te neem aan boord sy korvet, Hirondelle. Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

Lafras Cuyper En Die Britse Lokval, Boek 4 (Afrikaans, Paperback): Karl Kielblock Lafras Cuyper En Die Britse Lokval, Boek 4 (Afrikaans, Paperback)
Karl Kielblock
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die vierde boek in die reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur! Lafras Cuyper se boot is die Hirondelle - en die Hirondelle is die vinnigste korvet in die Indiese oseaan. Geen wonder dat die Engelse bevelvoerders in Indie die jong kaperkaptein vrees nie, want min van hulle het nog nie met sy buitengewone gesigsvermoe, wakker verstand, waaghalsigheid en dapperheid kennis gemaak nie. Toe die jong man hulle vir die soveelste keer vir die gek hou, besluit hulle dat daar so gou moontlik drasties teen hom opgetree moet word. Hulle stuur drie skepe om hom gevange te neem of, as dit nie anders kan nie, saam met sy boot na die dieptes te stuur. Hulle glo hulle plan is waterdig, maar hulle hou nie rekening met die feit dat 'n heldedaad Lafras twee waardevolle Engelse bewonderaars besorg het nie; dat hul eie spioen homself verraai het om die koekie groen lekkerruikseep...Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

Mooier as Die Blomme (Afrikaans, Paperback): Karl Kielblock Mooier as Die Blomme (Afrikaans, Paperback)
Karl Kielblock
R182 Discovery Miles 1 820 Ships in 4 - 8 working days

Karl Kielblock was ongetwyfeld een van die beste speurverhaalskrywers in ons land. Met hierdie boek bewys hy dit weer eens. Mooier as die blomme is deel van die Frans Lindenhof-speurreeks en dis ‘n verhaal met baie spanning en onverwagte wendinge en ook heelwat afwisseling wat daarvoor sorg dat dit end-uit genietbaar bly. Namakwaland se kleurkaleidoskoop lok elke jaar duisende besoekers van oraloor. Daar is egter iets nog mooier en waardevoller as veldblomme wat in die Namakwaland verskuil is, besef Joachim Verbeek wanneer ‘n skilderekspedisie plotseling in 'n nagmerrie ontaard. Wanneer Verbeek se paadjie onwetend met die van uitgeslape diamantdiewe kruis, verander dit wat as ‘n rustige wegbreek beplan is in 'n jaagtog vol blink klippies, verleidelike vroue – en lewensgevaar. Niks ontglip egter die onverskrokke speurder-sersant Frans Lindenhof se waaksame oe en fyn ore nie, en hy onderneem om die misdadigers vas te keer.

Luitenant Lafras Cuyper: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Karl Kielblock Luitenant Lafras Cuyper: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Karl Kielblock
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die tweede boek in die reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur! Binne twee jaar word Lafras luitenant op die kaperskip Jeanette. Toe die skip uitseil na die eiland waar 'n skat begrawe le, volg twee vyandige skepe hom en Lafras moet veg om die skat te behou. Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

Lafras Cuyper Kanonnier, Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Karl Kielblock Lafras Cuyper Kanonnier, Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Karl Kielblock
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die eerste boek in die reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur! Op sestienjarige leeftyd bevind Lafras Cuyper hom alleen in 'n vyandige wereld. Eers het sy ouers gesterf in die pokkiesepidemie wat die Kaap in 1796 getref het en daarna kom sy voog ook te sterwe. Op 'n dag versteek hy hom op 'n uitgaande skip en begin onwetend op die wyse 'n nuwe lewe - 'n lewe van ontbering en ysere dissipline, maar ook 'n lewe van avontuur! As Hollander staan hy eintlik buite die stryd tussen Engelse en Franse, maar hy het geen keuse nie. Hy het sy vryheid in Tafelbaai agtergelaat. Lafras Cuyper het egter 'n besonderse gawe: Buitengewone gesigsvermoe. En so 'n man kan besonder nuttig wees by die hantering van 'n skeepskanon. Lafras beleef in 'n kort tyd swaarkry, opwinding, gevaar en vrees – en word selfs die held van meer as een veldslag. Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Taurus Anti Calc Filter (Black)
R99 Discovery Miles 990
Maped Smiling Planet Scissor Vivo - on…
R26 Discovery Miles 260
Jeronimo - DIY Garden house play set…
R249 R232 Discovery Miles 2 320
Starfish Swimming Vest (2 to 3 Years…
 (3)
R499 R99 Discovery Miles 990
Marltons Goldfish Flakes (40g)
R50 R35 Discovery Miles 350
La La Land
Ryan Gosling, Emma Stone Blu-ray disc  (6)
R76 Discovery Miles 760
Midnights
Taylor Swift CD R418 Discovery Miles 4 180
Sony PlayStation 5 DualSense Wireless…
 (2)
R1,599 R1,479 Discovery Miles 14 790
Jurassic Park Trilogy Collection
Sam Neill, Laura Dern, … Blu-ray disc  (1)
R311 Discovery Miles 3 110
Dig & Discover: Ancient Egypt - Excavate…
Hinkler Pty Ltd Kit R263 Discovery Miles 2 630

 

Partners